Administrasie

Administrasie

Skooltye

Graad R:

Maandag-Vrydag | 07:30-12:15

Graad 1 & 2:

Maandag-Vrydag | 07:30-13:00

Graad 3:

Maandag-Vrydag | 07:30-13:30

Graad 4 - 6:

Maandag-Woensdag | 07:30-14:10

Donderdag-Vrydag | 07:30-13:10

Skoolgelde

Skoolgelde is verpligtend en is jaarliks, kwartaalliks of maandeliks, oor 10 maande, vooruitbetaalbaar. Skoolgeld vir 2019 is R9100 (Gr. RR - 6) p.j. of R910 oor 10 maande.

Nasorg

Die Nasorg bied naskoolse versorging aan alle leerlinge van die skool vanaf graad RR tot 6 Die diens is ideaal vir kinders wie se ouers beide werk of wat weens hul naskoolse aktiwiteite by die skool moet bly. Koste verbonde is R460 / maand of R4600 jaarliks oor tien maande. Aansoek vir toelatingsvorm moet vroegtydig gedoen word.

Skooldrag

Meisies Somer

Donkerblou quantec “culottes”

Blou gestreepte kortmouhemp met uilwapen.

Oorwegend wit tekkies met blou kort sokkies of kaalvoet of plakkies ( NET by skool beskikbaar).

Donkerblou skoolbroekies “pantie” is verpligtend.

Meisies Winter

Donkerblou skoolsweetpak met blou gestreepte hemp, blou kort sokkies en wit tekkies met wit veters

Donkerblou serp, handskoene en mussie is toelaatbaar.

Skoolsweetpak bo-stuk, ‘n navy reënbaadjie en ‘n navy “pullover”.

Donkerblou skoolbroekies “pantie” is verpligtend.

Seuns Somer

Blou getreepte kortmouhemp met uilwapen.

Quantec sportbroek, met ligblou streep langs sy.

Oorwegend wit tekkies met kort blou skoolsokkies, kaalvoet of plakkies ( NET by skool beskikbaar)

Donkerblou onderbroekie is verpligtend.

Seuns Winter

Skoolsweetpak met blou gestreepte hemp en wit tekkies met wit veters.

Donkerblou serp, handskoene en mussie is toelaatbaar.

Skoolsweetpak bo-stuk, ‘n navy reënbaadjie en ‘n navy “pullover”.

Let wel

Elke stuk kleredrag moet duidelik gemerk wees. Verkrygbaar by De Jagers, Laslappies en Boland Clothing.

Let Asseblief op

Skoolsweetpakke mag net met blou skoolsokkies en wit tekkies vir koue dae gedra word by sportdag. ‘n Navy hoed is toelaatbaar vir sport ( geen simbole op).

Algemeen

Leerders moet ‘n donkerblou tas of ‘n rugsak hê, wat met karton versterk is waarin ‘n gewone klaswerkboek pas. Tasse met wieletjies word nie toegelaat nie. Daar is ‘n skooltas beskikbaar by De Jagers.